Leer programmeer in MakeCode met micro:bit

R100.00

24 lesse om te leer programmeer met begrip.

Vul gerus ‘n bestelvorm in sodat u ‘n faktuur kan ontvang om vir goedkeuring van uitgawes te gebruik. Boeke sal per koerier versend word sodra betaling ontvang is.

U sal 10% afslag ontvang as u 10 of meer van dieselfde boek bestel.

CompareCompare

Titel: Leer programmeer met MakeCode en die Micro:bit

24 lesse om te leer programmeer met begrip. Ek dink MakeCode en die micro:bit is ‘n fantastiese manier om te leer programmeer omdat jy nie net op die skerm programmeer nie, maar programme kan skryf wat met die micro:bit sensors regte data gebruik en op beweging, lig en gebare kan reageer. Dit is ook regtig baie maklik is om die micro:bit te programmeer as jy die MakeCode blokke gebruik, maar jy kan ook die JavaScript kode sien sodat jy ‘n idee kan kry hoe formele JavaScript lyk waarin jy later kan programmeer. Jy kan ook meeste van die programmerings oefeninge in hierdie boek doen al het jy nie jou eie micro:bit nie, want die nabootser in MakeCode wys jou presies hoe die afvoer sal lyk. Die micro:bit kos nie baie nie en die MakeCode sagteware is gratis.

Sien http://www.stem4sa.co.za/microbit-in-afrikaans/ vir meer inligting oor die inhoud