Die konsepkurrikulum vir Kodering en Robotika laat 1 uur onderrigtyd per week toe vir graad R. Hierdie werkboek bevat TWEE werkkaarte vir elke uur van onderrigtyd in die kurrikulum. Die 80 werkkaarte het aktiwiteite vir leerders vir elke les.
Besoek https://shop.snapplify.com/search?term=marina+myburgh om ‘n pdf kopie af te laai wat jy deur die Snapplify App self kan druk.
Die onderwyser sal konsepte en vaardighede voor elke aktiwiteit verduidelik. ‘n Onderwysersgids, met doelwitte per les, voorbereiding, verduidelikings en alle oplossings, is by https://shop.snapplify.com beskikbaar. ISBN 978-1-991221-87-2
Kodering en robotika in die Grondslagfase bestaan uit die volgende afdelings
- Patroonherkenning en probleemoplossing.
- Algoritmes en kodering.
- Robotika
- Internet- en e-kommunikasievaardighede.
- Toepassings vaardighede.
Hierdie werkboek volg die konsepkurrikulum in die voorgeskrewe volgorde. Temas uit die Lewensvaardighede-kurrikulum word dikwels gebruik om kruiskurrikulêre aktiwiteite aan te moedig.  Die Ingenieursontwerpsiklus word gevolg, en beginsels van rekenaardenke word in aktiwiteite toegepas. Aktiwiteite sonder rekenaars word sover moontlik ingesluit indien die leerders nie toegang tot rekenaars het nie of nie wi-fi-toegang vir telefone het nie. Leerders word ook aangemoedig om bewus te wees van hul denkprosesse (metakognisie) deur die ses denkhoede uit Edward de Bono se boek, “The Six Thinking Hats”, te gebruik.