Kodering en Robotika Graad 2

R140.00

Hierdie boek is teen R115 elektronies beskikbaar by Shop.snapplify.com.  Snapplify maak dit moontlik om die boek op jou foon, tablet en rekenaar te lees en met ‘n digitale projektor te vertoon. Jy kan ook deur die Snapplify App die werkkaarte wat jy gebruik in kleur of swart en wit op jou eie drukker druk.  Ons sal die boekies laat druk sodra die kurrikulum gefinaliseer is.

Out of stock

CompareCompare
SKU: 978-1-991221-93-3 Category: Tags:

Die konsepkurrikulum vir Kodering en Robotika laat 1 uur onderrigtyd per week toe vir graad 2. Hierdie werkboek bevat TWEE werkkaarte vir elke uur van onderrigtyd in die kurrikulum. Die 80 werkkaarte het aktiwiteite vir leerders vir elke les.

Besoek https://shop.snapplify.com/search?term=marina+myburgh  om ‘n pdf kopie af te laai wat jy deur die Snapplify App self kan druk.

Die onderwyser sal konsepte en vaardighede voor elke aktiwiteit verduidelik. ‘n Onderwysersgids, met doelwitte per les, voorbereiding, verduidelikings en alle oplossings, sal by https://shop.snapplify.com beskikbaar wees. ISBN 978-1-991221-89-6

 

Kodering en robotika in die Grondslagfase bestaan uit die volgende afdelings

  1. Patroonherkenning en probleemoplossing.
  2. Algoritmes en kodering.
  3. Robotika
  4. Internet- en e-kommunikasievaardighede.
  5. Toepassings vaardighede

Hierdie werkboek volg die konsep kurrikulum in die voorgeskrewe volgorde. Temas uit die Lewensvaardighede-kurrikulum word dikwels gebruik om kruiskurrikulêre aktiwiteite aan te moedig.  Die Ingenieurs ontwerp siklus word gevolg, en beginsels van rekenaar denke word in aktiwiteite toegepas. Aktiwiteite sonder rekenaars word sover moontlik ingesluit indien die leerders nie toegang tot rekenaars het nie of nie Wi-fi-toegang vir telefone het nie. Leerders word ook aangemoedig om bewus te wees van hul denkprosesse (metakognisie) deur die ses denk hoede uit Edward de Bono se boek, “The Six Thinking Hats”, te gebruik.