Kodering en Robotika Graad 1

R180.00

Werkkaarte vir leerders in graad 1. Wanneer jy bestel, sal jy ‘n faktuur per e-pos ontvang wat gebruik kan word om betaling deur die skool te reël. ‘n Afslag van 10% is van toepassing op bestellings van 10 of meer van dieselfde werkboek, en ‘n afslag van 20% is van toepassing op bestellings van 20 of meer van dieselfde werkboek.

Compare
SKU: 978-1-991221-92-6 Category: Tags:

Die konsepkurrikulum vir Kodering en Robotika laat 1 uur onderrigtyd per week toe vir graad 1. Hierdie werkboek bevat TWEE werkkaarte vir elke uur van onderrigtyd in die kurrikulum. Die 80 werkkaarte het aktiwiteite vir leerders vir elke les. Die onderwyser sal konsepte en vaardighede voor elke aktiwiteit verduidelik. ‘n Onderwysersgids, met doelwitte per les, voorbereiding, verduidelikings en alle oplossings, sal by https://shop.snapplify.com beskikbaar wees. ISBN 978-1-991221-88-9

Kodering en robotika in die Grondslagfase bestaan uit die volgende afdelings

  1. Patroonherkenning en probleemoplossing.
  2. Algoritmes en kodering.
  3. Robotika
  4. Internet- en e-kommunikasievaardighede.
  5. Toepassings vaardighede

Hierdie werkboek volg die konsepkurrikulum in die voorgeskrewe volgorde. Temas uit die Lewensvaardighede-kurrikulum word dikwels gebruik om kruiskurrikulêre aktiwiteite aan te moedig.  Die Ingenieursontwerpsiklus word gevolg, en beginsels van rekenaardenke word in aktiwiteite toegepas.  Ontkoppelde aktiwiteite word sover moontlik ingesluit indien die leerders nie toegang tot rekenaars het nie of nie wi-fi-toegang vir telefone het nie. Leerders word ook aangemoedig om bewus te wees van hul denkprosesse (metakognisie) deur die ses denkhoede uit Edward de Bono se boek, “The Six Thinking Hats”, te gebruik.